| |

Wurm Beheer in Voëls – Dr A Smit

Helminths of wurms is een van `n reeks parasiete wat voëls as gashere gebruik en die verhouding is gewoonlik nadelig vir die voël.  Hulle word in drie verskillende tipes ingedeel nl. Nematodes (rondewurms), Cestodes (lintwurms) en Trematodes (slakke).  In die geval van rondewurms kom die volwasse wurm in die voël voor, dit reproduseer d.m.v. eiers wat in die voël se stoelgang uitgeskei word, larwes ontwikkel binne die eier wat dan weer deur die voëls per mond ingeneem word.  Met lintwurms en slakke word die eier deur `n tussengasheer bv. insekte, wurms ens. ingeneem, binne die tussengasheer ontwikkel die larwe, die voëls vreet die tussengasheer en die parasiete ontwikkel dan binne die voël tot sy volwasse stadium.

Verskillende wurms kom spesifiek in sekere organe voor en is sekere sekere voëlspesies meer geneig tot sekere wurm tipes ook. Volwasse lintwurms en “spiny-headed” wurms word grootliks beperk tot die dun derm; volwasse slakke kom op hulle beurt voor in dermkanaal, lewer, bloedvate, niere, lugsakke, eierleier en oë; terwyl volwasse rondewurms in die krop, pro-ventriculus, ventriculus, derms en oë voorkom.

Algemene wurms in voëlspesies:

African GreyLintwurm
Australiese ParakietePro-ventriculus wurms en rondewurms
KoketielSpoelwurms (Ascarids)
KaketoesLintwurms, Lewerslak
VinkeLintwurm
LorikieteRondewurms
MacawsSpoelwurms (Ascarids)

Trematodes:

Nie baie algemeen maar word soms in wildgevangde voëls gesien.  Lewerslak word wel soms in kaketoes gevind.  Behandeling met fenbendazole + praziquantel het beperkte resultate.

Cestodes:

Spesies soos African Grey, Kaketoe, Eclectus en vinke is meer geneig tot lintwurm besmettings, dit kan toegeskryf word aan eetgewoontes wat groter blootstelling aan tussengashere gee.  Die lintwurms voed op die voël se bloed en gee simptome soos bloedarmoede, verswakking en diarree. Erge besmetting kan lei tot derm verstopping.

Behandeling is met praziquantel, beheer van tussengashere is ook belangrik in die beheer program.

Nematodes:

Ascarids (Spoelwurms):    

Meer algemeen by voëls met toegang tot grond, wilde voëls, duiwe en pluimvee kan soms ook `n bron van besmetting wees. Dit neem 2-3 weke vir larwes om binne die eier te ontwikkel, die eier is baie weerstandbiedend teen ontsmetmiddels en kan lank in die omgewing oorleef in koel vogtige toestande.  Eiers is wel gevoelig tot stoom en vlamme.

Tipiese simptome is gewigsverlies, vermaering, swak groei en diarree.  In erge gevalle selfs derm intessusepsie.

Piperazine, pyrantal pamoate, fenbendazole, levamisole en iver/dora-mectin is effektiewe behandeling.

Capillaria sp.:

Dun, haaragtige rondewurms van die dermkanaal, volwasse wurms boor in die wand van sluk, krop en derms.  Macaws, budgies, kanaries en duiwe is veral vatbaar.

Spiruroidea sp.:

Dit blyk dat daar `n insek tussengasheer in die lewenssiklus betrokke kan wees.

Dit is al beskryf in kaketoes, ringnekke en kea’s waar die volwasse wurm in die pro-ventriculus gevind word.

Oogwurms:

4 genera rondewurms is al in oë gediagnoseer en word vlieë as tussengashere beskou.

Spiroptera & Dispharynx sp.:

Hierdie wurm boor in die mukosa van die pro-ventriculus waar dit ulsers, verdikking en granulasie veroorsaak, gepaardgaande simptome is gewigsverlies en vomisie.

Cyathostoma sp.:

Die groot mond wurm vestig hom in die lugsakke en veroorsaak grootskaalse patologie van die longe.

Syngamus sp.:

Die wurms parasiteer die lugpyp van veral jong voëls.

Filariidea sp.:

Hierdie fyn haaragtige wurms het `n indirekte lewenssiklus wat bloedvoedende vlieë en muskiete gebruik as tussengasheer. Hulle koloniseer veral die lugsakke, maar word ook in bloedvate, hartsak en gewrigte gevind.

Vir nematodes word behandeling gedoen met pyrantel pamoate, fenbendazole (nie vinke & kanaries nie), levamisole en macrocyclic lactone (Ivermectin, Moxidectin & Doramectin).

Ontwurmings middels aktiewe bestandele:

Praziquantel:

  • Algemeenste behandeling vir trematodes en cestodes.
  • Dood trematodes teen terapeutise dosis.
  • Dosis afhanklike werking op volwasse lintwurms, verhoed eier afskeiding maar dood nie altyd volwasse lintwurm nie.
  • Mondelings toegedien: direk of in kos, bitter wit poeier swak oplosbaar in water.
  • Bereik vining terapeutiese bloed vlakke (30-120 minute).
  • Min newe effekte beskryf en veilig.  Moontlik nie aanbeveel vir ongeveerde kuikens nie.

Fenbendazole:

  • Word gebruik vir behandeling van trematodes en somige nematodes (ascarids, microfilariidea)
  • Middel van voorkeur vir behandeling van Capillaria spp.
  • Dood volwasse trematodes met 5 dae herhaaldelike behandeling teen 20-50mg/kg.
  • Mondelingse toediening: water oplosbaar maar beperkte opneembaarheid.
  • Moet nie tydens verveering toedien nie, dit beskadig ontwikkelende vere.
  • Verkieslik ook nie tydens broei seisoen gebruik nie.
  • Vinke, kanaries en duiwe meer vatbaar vir toksisiteit.

Piperazine:

  • Gebruik vir behandeling van dermkanaal nematodes in duiwe teen 100-500mg/kg.
  • Baie swak effektief in krombekke.

Pyrantel pamoate:

  • Baie effektief teen dermkanaal nematodes, beperkte effektiwiteit teen ander nematodes.
  • Mondelingse toediening: oplosbaar en smaaklik.
  • Redelike veilige produk selfs vir voëls wat broei.

Levamisole:

  • Effektief teen nematodes.
  • Veiligste roete van toediening is deur water, ander roetes het nou terapeutiese veiligheids spektrum.
  • 3-5ml per liter water.

Macrocyclic lactones: (Ivermectin, Moxidectin, Doramectin)

  • Effektief teen nematodes en somige uitwendige parasiete
  • Aanbeveel vir nie-dermkanaal nematodes.
  • Kan inspuitbaar of topikaal toegedien word.
  • Inspuitbaar 0.01ml/300g binnespiers.
  • Topikaal: Verdun 1 deel op 9 dele propylene glycol en dien 1druppel/50gram toe.  Sommige vinke is vatbaar vir topikale ivermectin.

Kommersiële Produkte:

Pyrantal pamoate 50mg/5g + Praziquantel 10mg/5g: Mediworm

  • Behandel meeste trematodes, cestodes & derm nematodes.
  • Poeier, swak water oplosbaar.
  • Mondelingse toediening: krop toediening of kos toediening (nat of droog)
    • Persoonlike voorkeur is droog in kos teen 5g per 1kg voëls.
  • Geen nawerking nie, so herhaal behandeling na 14 dae.
  • Veilig selfs tydens broeiseisoen.

Levamisole HCl 37,5mg + Praziquantel 18,8mg: Endo+Lint, Endotape, Eradiworm

  • Behandel meeste trematodes, cestodes & derm nematodes
  • Vloeistof suspensie.
  • Mondelingse toediening: 0,1ml per 100g of 2druppels per 100g.
  • Geen nawerking nie, so herhaal behandeling na 14 dae.
  • Redelike veiligheids spektrum.

Fenbendazole 5%m/v: Panacur BS

  • Behandeling van trematodes, cestodes en sommige nematodes
  • Mondelingse toediening: 20-50mg/kg (maksimum 0,1ml/500g) daagliks vir 5dae.
  • Nie tydens verveering of broeiseisoen gebruik nie.  Ook nie vinke nie.

Oxfenbendazole 20g/lt + Praziquantel 20g/lt: Wormout Gel

  • Behandel Rondewurms en lintwurms.
  • Spesiale geformuleerde suspensie om wateroplosbaar te maak.
  • 2ml Wormout Gel op 160ml water, gee vir 2 dae agtermekaar.

Levamisole HCl 2,5%: Tramisol, Prodose Red, Ripercol

  • Behandeling van dermkanaal nematodes.
  • Bulk toediening deur drink water teen 3-5ml /l water (pasop vir konsentraat formulasies).
  • Geen nawerking nie, so herhaal na 14dae.

Macrocyclic lactones 1%: Ivomec, Cydectin, Dectomax

  • Behandeling van nematodes en sommige ektoparasiete
  • Verkies Dectomax: minder irritasie, langer nawerking.
  • Binnespiers toediening:  0.01ml/300g
  • Topikale toediening: Verdun 1 tot 9 met propylene glycol en doseer 1druppel/50g
  • Abamectin 0.2% m/v: Virbamax LV is `n orale macrocyclic lactone wat teen 0.1ml/kg gebruik kan word.

Macrocyclic lactone 0.08% + Praziquantel 1,5%: Virbamax First Drench

  • Behandeling van nematodes en cestodes.
  • Aanbevole dosis 0.35ml/kg, mondelingse toediening.
  • Moet verkieslik nie gebruik in kuikens jonger as 8 weke nie.

Ontwurmings skedules:

Daar is geen vaste program wat elke jaar en by elke boer sal werk nie omdat seisoene, omgewings invloede en hok bestuur alles `n invloed sal hê. Let op na die volgende en pas program daarvolgens aan:

  • Inbring van nuwe voëls (raadsaam om nuwe voëls reeds in kwarentyn twee maal te ontwurm vir cestodes, trematodes en nematodes)
  • Reën seisoene, nat toestande bevorderlik vir nematode larva ontwikkeling dus meer ontwurmings in nat jare
  • Tussengasheer ladings en blootstelling sowel as beheer van hulle.
  • Voedings bestandele se blootstelling aan parasite eiers of tussengashere.

Ontwurmings Riglyn:

  • Lente & Herfs: Breëspektrum (Nematodes & Cestodes)
  • Somer na broeiseisoen: Nematodes

            KOKSIDIOSE

Koksidia is enkelsellige protozoa (Eimeria spp.) wat in derm voorkom, meestal dunderm, dikderm en cloaca.

Die lewens siklus het 3 phases: Die oösiet word deur die gasheer uitgeskei in die omgewing en is op daai stadium nie infektief nie, dit benodig, hitte (24-28˚C), vogtigheid (40-80%) en suurstof om te sporuleer en dis infektief te raak.  Wanneer die gasheer die gesporuleerde oösiet inneem word die sporosiete in die proventrikulus en maag vrygestel agv meganiese aksie en CO2, hulle beweeg dan dunderm toe waar hulle die dermwand se selle penetreer. Hier ondergaan hulle eers `n aseksuele vermeerderings proses waarby duisende nuwe merozoiete gevorm word wat op hulle beurt ander dermwand selle koloniseer om die proses te herhaal. Sommige van hierdie merozoiete ontwikkel om `n seksuele voortplantings proses te voltooi wat sigote vorm wat op sy beurt in mis uitgeskei word om die lewens siklus weer te begin.

Omdat hierdie `n intrasellulere parasite is gebruik en ontneem hy die gasheer se nutrient op sellulêre vlak, dit plus meganiese skade aan derm selle veroorsaad die simptome.

Simptome sluit in swak groei, gewigsverlies, bloed in mis en selfs bloederige diarree.  Onderdrukte of swak immuniteit is ook `n direkte gevolg.

Een van die oorsake van sogenaamde “Going Light” sindroom.

Behandeling word gedoen met Sulphonamides, Amprolium en Toltrazuril

  • Sulfas: Triple-Sulfa, Sulfazine 16%/33%, Trimethoprim/Sulfa Powder, Embazin, Cosumix, Avisol, ESB3. Dosis volgens prduk se sterkte en aanwysings.
  • Amprolium: verskeie formulasie, meer gemik op grootskaalse toediening in over of water vir pluimvee. Dosis is 10mg/kg/dag vir 5-7dae.
  • Toltrazuril: Baycox 2,5% orale toediening. Aanbevole dosis is 7mg toltrazuril/kg gewig vir 2 agtereenvolgende dae.  Kom neer op 1ml Baycox 2,5% per lt drinkwater constant vir 48uur of 3ml/lt wat in 8ure se water gemeng word en gee 2 dae namekaar.
  • Diclazuril: Coximed word ook in duiwe met sukses gebruik.

Konsep parasite beheer program:

Januarie 
FebruarieMediworm, Endo+Lint, Endotape, Eradiworm & herhaal na 14dae
MaartBaycox
AprilTramisol & herhaal na 14dae
Mei 
Junie 
JulieDectomax
Augustus 
SeptemberMediworm & herhaal na 14dae
Oktober 
November 
Desember 

Dit is belangrik om saam met u veearts u pasmaak program jaarliks aan te pas volgens die seisoen en u behoeftes.

Similar Posts